Erediens

Sondagoggende om 09:00

PEUTER- (2-4 jariges) EN KLEUTERs (5-6 jariges)

Die peuters en kleuters woon die eredienste saam met hulle ouers in die kerksaal by. Die kerksaal is in die kerk geleë en is ingerig dat daar genoeg ruimte vir kinders is om bietjie te raas en bietjie te speel.

iKidz – Kinderkerk – KATEGESE (Gr 1-6)

Grade 1 tot 6 kom in die kerk bymekaar, en gaan dan uit die erediens na die kerkkantoor vir hulle eietydse erediens.

Tienerbyeenkoms – sENIOR KATEGESE (Gr 7-12)

Trefpunt is die naam van Bultgemeente se tienerbediening! Ons jongmense (Gr 7-12) kom normaalweg elke Sondag 17:00 in die kerkkantoor bymekaar vir ‘n byeenkoms in eie idioom.

BELYDENISGROEP

Die graad 11-belydenisgroep word deur Dawfré in ‘n “Bybelskool”-formaat gelei. Dit vind plaas op Sondae 16:00.

Studente-eredienste (Puk Kandelaar)

Sondagaande om 18:00 & 19:15