Decorative banner image for the page

Doopaansoek en -registrasie

By Bult Gemeente beskou ons die doop as ‘n kosbare genadeteken van God, wat bevestig dat Hy ons as Sy kinders aanneem. Die doop verklaar aan Wie ons behoort. As deel van hierdie spesiale geleentheid oorhandig ons aan ouers, namens die gemeente, ‘n Bybel en ‘n doopkersie. Die doopkersie is ‘n ou gebruik wat uit die vroeg-Christelike kerk kom. Dit simboliseer die lig van Christus en dien as ‘n herinnering aan jou doop. Ons moedig aan om die kersie op spesiale geleenthede of op die herdenking van die doopdatum aan te steek – as ‘n viering van jou verbintenis aan God en ‘n bevestiging van aan Wie jy behoort.

Ons is saam met jou/julle opgewonde oor hierdie wonderlike vooruitsig in jou/julle lewe!

Kliek op die onderstaande skakel en voltooi asseblief die onderstaande vorm om die kerkkantoor in kennis te stel van jou/julle behoefte om jou/julle kind(ers) te doop:

Scroll to Top