
Doopaansoek en -registrasie
By Bult Gemeente beskou ons die doop as ‘n kosbare genadeteken van God, wat bevestig dat Hy ons as Sy kinders aanneem. Daarom word die doop, by ons in Bult, bedien in die publieke ruimte van ’n erediens op ’n Sondag. Die doop verklaar aan Wie ons behoort. As deel van hierdie spesiale geleentheid oorhandig ons aan ouers, namens die gemeente, ‘n Bybel en ‘n doopkersie. Die doopkersie is ‘n ou gebruik wat uit die vroeg-Christelike kerk kom. Dit simboliseer die lig van Christus en dien as ‘n herinnering aan jou doop. Ons moedig aan om die kersie op spesiale geleenthede of op die herdenking van die doopdatum aan te steek – as ‘n viering van jou verbintenis aan God en ‘n bevestiging van aan Wie jy behoort.
Ons is saam met jou/julle opgewonde oor hierdie wonderlike vooruitsig in jou/julle lewe!
Ons vra aan voornemende Doop-ouers om ’n vorm te voltooi waarin ons al die nodige inligting van die ouers en die dopeling vra.
Die volgende is van toepassing op ouers vanuit ander gemeentes wat graag in Bult wil doop:
Ons verwelkom ook Ouers wat vanuit ’n ander gemeente in Bult wil doop, omdat Oupa en Ouma dalk in ons gemeente is, of omdat dit dalk net prakties en sentraal is vir al die familie. In só geval benodig ons egter ’n bevestiging van die gemeente waarby die ouers inskakel, dat ons wel die doop namens die betrokke gemeente mag bedien. Verder verlang ons ook bevestiging dat die ouers Doopkategese ondergaan het by die betrokke gemeente waarby hulle inskakel.
Wanneer ons al die bogenoemde dokumente ontvang het, sien ons uit om hierdie dag saam met julle te vier.
Kliek op die onderstaande skakel en voltooi asseblief die onderstaande vorm om die kerkkantoor in kennis te stel van jou/julle behoefte om jou/julle kind(ers) te doop: