Ons Jeugbediening is ons hartklop!

Ons Jeugbediening is die hartklop van ons gemeente, omdat ons glo dat die jongmense van vandag die kerk van môre is. Ons is passievol daaroor om ‘n veilige en ondersteunende ruimte te skep waar kinders en jongmense nie net God se liefde kan ervaar nie, maar ook toegerus word om hulle geloof aktief uit te leef.

Ons programme is spesiaal ontwerp om hul geestelike groei te bevorder deur relevante Bybelse lering, betekenisvolle verhoudings, en praktiese aktiwiteite wat hulle help om hulle roeping te ontdek en uit te leef. Van iKidz vir die jongspan tot kategese en jeugbyeenkomste vir tieners – ons streef daarna om elke kind en jongmens te help om ‘n lewende, dinamiese verhouding met God te bou.

Sluit aan by ons Jeugbediening en word deel van ‘n opwindende reis waarin ons saam leer, groei en mekaar ondersteun in die avontuur van geloof!

Logo vir die iKidz
Logo vir LeefPuntTieners
Kategesegroeperings

Ons kategesemodel verdeel die verskeie ouderdomsgroepe op in die volgende groeperings:

IKIDZ
  • Voorskool tot Graad 3
    Geskied tydens eredienstyd by die KleineBult om 09:00
  • Graad 4 tot Graad 6
    Kategese geskied na afloop van die erediens
    10:30 tot 11:15
LeefPuntTieners
  • Graad 7 tot Graad 9
    Kategese geskied na afloop van die erediens
    10:30 tot 11:15
  • Graad 10
    Kategese geskied na afloop van die erediens
    10:30 tot 11:15
Belydenisgroep

Belydeniskategese geskied na afloop van die erediens
10:30 tot 11:15


Kategeseregistrasie

Kliek op die skakel hieronder om jou kind te registreer vir die nuwe jaar se program. Ons sien daarna uit om saam met hulle hierdie opwindende geloofsreis aan te pak.

Scroll to Top