Ons gemeente het verskeie bedienings wat aktief werk om die Koningkryk van God uit te dra en ‘n werklike verskil te maak in ons gemeenskap. Hierdie bedienings sluit in ons Jeug, Sending en Sorg, Seniors, Erediens en Musiek, en die Belangegroepe. Elke bediening fokus op ‘n spesifieke aspek van ons gemeenskap en kom saam om die visie van die gemeente uit te leef en te versterk.