
Ons eredienste word elke Sondagoggend om 9:00 gehou. Om hierdie spesiale tye van aanbidding te vorm, kom ons eredienswerkgroep elke Dinsdag om 17:00 bymekaar om saam te beplan en kreatief oor die komende erediens na te dink. Ons musiekspan, onder leiding van Jaco Jacobs, speel ook ‘n sleutelrol deur met toewyding en inspirasie by te dra tot die voorbereiding van ons eredienste.