
Die doel van die pastorale bediening vir ons senior lidmate is om hulle met liefde en sorg te ondersteun in ooreenstemming met die missie van ons gemeente. Ons streef daarna om hul fisiese, geestelike en emosionele welsyn te bevorder deur bemoediging en versorging wat hulle versterk in elke lewensfase.