Belangegroepe

As deel van hierdie visie vorm ons gemeente ‘n saamgestelde liggaam van Christus (1 Kor. 12:12-26), waarin elke lid unieke genadegawes (Rom. 12:6-8), roepings en belangstellings ontvang het. Lidmate met soortgelyke gawes en belange word aangemoedig om bymekaar te kom om mekaar te leer (Kol. 3:16), die rykdom van God se waarheid te ontdek (Kol. 2:2), en om as span sterker en meer doeltreffend te wees. Hierdie gemeenskappe staan bekend as Belangegroepe, en hul fokus is op Bybelstudie, onderlinge versorging en die uitleef van ons gemeente se visie in die omgewing.

Ons het tans vyf aktiewe Belangegroepe, met genoeg ruimte vir uitbreiding. As jy voel die Here lei jou om by ‘n groep in te skakel, een te begin, of as jy enige voorstelle het, nooi ons jou om met ons in verbinding te tree. Kom wees deel van hierdie dinamiese groei en bediening in ons gemeente!

Scroll to Top