
Die geïntegreerde bediening bring ons missionêre en barmhartigheidswerk saam, met ‘n duidelike fokus op die gemeente se voetspoor na buite. Ons streef daarna om God te verheerlik deur gehoorsaam te wees aan Jesus Christus se opdrag in Handelinge 1:8 – om Sy getuies te wees, naby en ver. Met hierdie visie dien ons deur liefde en sorg, ondersteun ons ‘n netwerk van sendelinge, en maak ons ‘n verskil in ons gemeenskap deur verskeie projekte. Ons werk saam om lig en hoop te bring, terwyl ons met oorgawe uitstap in die roeping wat die Here aan ons gegee het.
Sending
Ons gemeente is diep betrokke by diverse missionêreprojekte, plaaslik en internasionaal. Van die ondersteuning van sendelinge in Indië, Malawi, Mauritius, en Madagaskar, tot plaaslike uitreike soos die Jeugbediening en inisiatiewe vir studente aan die NWU, dra ons aktief by tot die uitbreiding van God se koninkryk. Ons werk sluit in kinderevangelisasie, voedselinsameling, die verspreiding van Bybels en traktaatjies, en spesiale projekte soos die “God se Spens”-sakkieprojek en Vrouedagvierings. Ons ondersteun ook organisasies soos FEBA Radio, die Christelike Seemansorganisasie, en die Bybelgenootskap. Saam leef ons ons roeping uit om lig en hoop na die wêreld te bring.
Vir meer breedvoerige inligting, kliek op die skakel hieronder om meer te lees.
Sorg
Ons gemeente ondersteun plaaslike projekte wat daarop gemik is om mense in nood te help en ons gemeenskap te versterk. By Ons Hulde Ouetehuis werk ons saam met die bestuur om ondersteuning te bied waar nodig. Ons kerkwinkel skep ‘n bekostigbare opsie vir klere en ander benodigdhede. Met Projek 365 samel ons munte in om skryfbehoeftes vir Abbasorg Kleuterskool se graad 1-leerlinge te voorsien. Ons Winterhoop-projek bring warmte en hoop in koue tye, en ons werk saam met NG Welsyn Potchefstroom om voortdurende hulp aan die gemeenskap te bied.
Vir meer breedvoerige inligting, kliek op die skakel hieronder om meer te lees.