Welkom by ons gemeente!
Ons nooi jou hartlik uit om deel te word van ons geloofsgemeenskap, waar ons saam groei, mekaar ondersteun, en die Here dien.

Hier is inligting wat jou kan help en van jou vrae kan beantwoord. As jy meer wil weet of enige navrae het, kontak ons gerus!

Wat beteken lidmaatskap van NG Bult?

Lidmaatskap by NG Bult beteken dat jy deel word van ‘n geloofsgemeenskap wat saamwerk om ons visie te leef: as die liggaam van Christus verheerlik ons God deur aanbidding en gehoorsaamheid; ons versterk mekaar deur gebed, ondersteuning en gesamentlike groei; ons versorg mense deur praktiese hulp en liefdevolle bediening; en ons verkondig die evangelie met ywer, binne en buite ons gemeenskap. Lidmaatskap is ‘n uitnodiging om aktief deel te neem, jou gawes te gebruik, en saam met ons die liefde van Christus uit te dra.

Ons verstaan lidmaatskap nie as ‘n blote formele of historiese verbintenis aan die NG Kerk nie, en ook nie as iets wat outomaties bepaal word deur waar ek woon nie. Ons sien dit eerder as ‘n doelbewuste keuse om my Christenskap en roeping aktief deur hierdie gemeente uit te leef. Lidmaatskap is ‘n verbintenis om betrokke te wees in die gemeente en om my diensbaarheid aan die Here hier én in die samelewing te beliggaam.

Ons fokus

As jy deel wil word van ons geloofsgemeenskap, klik op die skakel hieronder om na ‘n vorm te gaan waarin jy al die nodige besonderhede kan invul en terugstuur.

Scroll to Top