Logo

NG BULT TIENER & iKidz-KAMP – 6-8 MEI 2022

REGISTRASIEVORM 2022


Besonderhede van Kind(ers)/Tiener(s)




Besonderhede van Ouer(s)


MEDIESE INLIGTING


Besonderhede van hooflid

ALGEMENE INLIGTING

Ons kamp vanjaar op die plaas van Rudolf en Divona Fourie wat geleë is tussen Potchefstroom, Klerksdorp en Ventersdorp. Hierdie beloof om 'n heerlike geleentheid te wees vir elke jongmens wat saam wil gaan. Vriende/maatjies is ook meer as welkom.


Indien daar van ons iKidz is wat graag hierdie geleentheid sal wil bywoon, maar u as ouers voel nie gemaklik dat hy/sy die hele naweek moet oorslaap nie, dan is u welkom om slegs vir die Saterdag na die kamp te kom, saam met u kind, vanaf 10:00 tot 15:00. Die program sal dan so aangepas word, sodat u kind(ers) ook betrek word. Gee asseblief net vir ons 'n aanduiding hieronder of u van hierdie geleentheid gebruik sou maak en hoeveel van u by die kamp gaan wees, sodat ons die nodige voorbereiding sou kon tref vir kos.

WAT OM TE PAK

Gemaklike stap-skoene; warm-baadjie; Medikasie/toiletware; Slaapsak en kussing; Bybel; eie eetgerei (mes/vurk/lepel/papierbord/beker); waterbottel(s); lekkernye & eetgoed vir eie gebruik; 'n pak koekies vir koffie/tee soggens en saans en hope energie.


*Indien u oor 'n matras of opblaas matras beskik en u bereid is om dit saam te stuur op die kamp, sal ons dit waardeer. Laat weet asseblief net vir Ben Robbertse in die Kerkkantoor indien u 'n matras kan saamstuur, sodat ons beplanning kan doen - 018 293 0450

NOTA: Ons beplan om DV Vrydag, 6 Mei 2022 om 15:00 vanaf NG Bult te vertrek en om weer Sondag, 8 Mei 2022 om 16:00 terug te wees in Potchefstroom waar u u kind(ers)/Tiener(s) weer by NG Bult kan oplaai.

*Indien u sal kan help met vervoer, kontak ons asseblief?


*Ouers word hartlik uitgenooi om Sondag-middag saam by die kampterrein te kom eet, waarna u kind dan saam met u huistoe kan gaan.

VRYWARING



Hierdie vorm word aanlyn onderteken deur dit te stuur aan die Kerkkantoor van NG Potchefstroom - Die Bult