STROOIDAK – Sonroos 2021

R 90.00

in die koelte langs die stroom van rus
het ek gedroom dat die lig bo alles
ook die lig tussen ons twee is
kom, proe aan die wyn
vol stukkende berge
en skemerpienk aande
laat dit vloei soos genade
vanuit ons onuitputbare bron
laat dit vreugde bring
soos rose vol son

Danie Reënwolf

39 in stock

SKU: Sonroos 2021 Category:

Description

Strooidak besit ‘n 1 ha stuk grond tussen die twee pastorieë oorkant die kerk. In 1998 het Strooidak besluit om wingerd op die oop stuk grond te plant en wyn te maak. Die doel van die wyn is om die inkomste te genereer vir die jeugbediening, sendingaksies en ook instandhouding van die kerk se geboue. Die Cabernet Sauvignon wingerd word deur gemeentelede bestuur en die wyn word ook deur ‘n gemeente lid gemaak. In 2005 is die eerste druiwe ge-oes en die wyn gebotteleer. Strooidak spog met trots dat die 2017 Cabernet Sauvignon by die 2019 Veritas toekennings ‘n silver medalje verower het.

Die wyn word nie verkoop nie, maar donasies kan gemaak word in ruil vir ‘n bottel wyn.

Die 2017 Oesjaar (Silwer Veritas) is nóú beskikbaar.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “STROOIDAK – Sonroos 2021”

Your email address will not be published.