Sale!

Die NUWE Nuwe Testament – deur Stephan Joubert & Jan van der Watt

R 249.00

‘n Getroue vertaling in vars Afrikaans

92 in stock

Category:

Description

DIE NUWE NUWE TESTAMENT

Daar is ’n wye keuse van Afrikaanse vertalings van die Nuwe Testament op die mark. Hoekom dan nog ’n vertaling? “Sodat ons God self kan hoor praat in die taal waarin ons almal – oumense en jongmense – leef en droom. ’n Vertaling wat as gesinsbybel deur die hele gesin gelees kan word”, sê Stephan Joubert en Jan van der Watt, vertalers van DIE NUWE NUWE TESTAMENT.

Omdat Bybelvertaling ons passie is, was die idee met hierdie vertaling om die gaping tussen letterlike en vryer vertaling met ’n maklik leesbare Afrikaans te vul.

Om die dinge wat in Grieks eienaardig is en ons nie so maklik verstaan nie, steeds te kan begryp, lees hierdie vertaling asof die oorspronklike skrywers dit van die begin af in Afrikaans geskryf het.

Die doel hiermee is om God se Woord in ’n eietydse, elkedagse Afrikaans, uit te druk.

Die Nuwe Testament is oorspronklik in Grieks geskryf. Om dit vir ’n Afrikaanssprekende dus moontlik te maak om ook die Nuwe Testament te kan lees, moet die Grieks in goeie Afrikaans vertaal word.

Die fokus is op woordgebruik en skryfstyl wat nie soos verafrikaansde Grieks klink of voel nie. Om by goeie begrip uit te kom, moes Afrikaanse woorde gekry word wat die Griekse woorde die beste weergee.

As dit nie moontlik was nie, het ons die bedoeling van die Griekse woord met ’n frase probeer weergee, sodat die leser presies kan weet wat die Woord daar wil sê.

Die Bybel is die lig vir ons pad en die lamp vir ons voet – daarom het ons probeer om die lig so helder as moontlik te laat skyn.

Ons het die teks van Die Nuwe Nuwe Testament verdeel in 365 dae wat jou as Bybelleser in die loop van ’n jaar deur die hele Nuwe Testament neem.

365 DAE-BYBELLEESPLAN
Die teks van DIE NUWE NUWE TESTAMENT is verdeel in 365 dae wat jou as Bybelleser in die loop van ’n jaar deur die hele Nuwe Testament neem, van Matteus tot Openbaring.

Gereelde Bybellees is een van die belangrikste geestelike gewoontes om aan te kweek. Die 365 dae-Bybelleesplan is spesiaal ontwerp om jou lewe te vul met die lewegewende boodskap van God se Woord, terwyl jy in ’n jaar deur die Nuwe Testament lees.

As jy die Bybel lees en diep daaroor nadink, help dit jou nie net om in jou geloof te groei en in die voetspore van Jesus te loop nie … Dit is ook ’n wonderlike bron van bemoediging deur jou dag!

BYBELAGTERGROND-VIDEO’S
Die Nuwe-Testamentiese boeke kan vir lesers vandag soms moeilik wees om te verstaan sonder om eers die agtergrond
van elke boek te begryp.

Die vertalers van DIE NUWE NUWE TESTAMENT, Stephan Joubert en Jan van der Watt, het vir elke boek van die Nuwe Testament ’n Bybelagtergrond-video van 5 minute opgeneem.

Met elke Nuwe-Testamentiese boek word onder meer die agtergrond, tema en boodskap bespreek om lesers te help om die Bybel te verstaan op ’n manier wat toeganklik, boeiend en lewensveranderend is.

Die Bybelagtergrond-video’s is waardevol vir predikante en pastore in die voorbereiding van preke, vir Sondagskool- en skoolonderwysers as hulle lesse saamstel, vir Bybelstudie- en kleingroepe terwyl hulle deur die Nuwe Testament werk, vir Bybellesers wat hulle studie van die Woord wil verdiep, en méér.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die NUWE Nuwe Testament – deur Stephan Joubert & Jan van der Watt”

Your email address will not be published.